#MaritzMakietie
D
C
Donovan
&
Charissa
Saterdag
Maart
07
2026
15H00
Bushveld Game Farm
Nylstroom
Trek jou lekkerste dans Vellies aan en
kom vier ons groot dag saam met ons!
RSVP

Rsvp

Is jy in of is jy uit?

Laat weet asseblief of jy ons spesiale dag saam met ons gaan kan vier, ons hoop natuurlik dit is ‘n groot JA!

RSVP teen of voor 1 November 2025, sodat ons genoeg tyd het om alles perfek vir jou sitplek (en bord kos) te kan beplan.

Ons kan nie wag om ons liefdesfees saam met al ons gunsteling mense te vier nie!

Voer die volle naam van die gas in en druk Stuur om jou bywoning te bevestig.

“Dress Code”

Formeel genoeg vir foto’s, gemaklik genoeg vir moves.

Ons stel voor jy los die hoëhakskoene en kerk skoene by die huis en trek daai vellies aan, dis ’n bostroue, nie ’n modeparade nie. (Geen demin en plakkies nie)

Kleurskema

#MaritzMakietie Feesprogram

Vrydag

Check in tyd
12h00
Bring & Braai
17h00/18h00
Tente toe
22h00

Saterdag

Ontbyt by Boma
08h00
Koeël is deur die kerk
15h00
Peusel bietjie en sit jou beste glimlag op
16h00
Sit sit so
18h00
Verwelkom die bruidspaar
18h30
Senuwees hang aan flenters
19h00
Hier doen ons dit beter as jou ma se kos!
19h30
Daar vat hy nou!
20h30

Sondag

Ontbyt
08h00
Koek en Kersies Donovan Verjaar!
09h00
Vat jou goed en trek Fereirra!
11h00

Die Trou Troepe

Bruidegom
Donovan
Bruid
Charissa
Seremoniemeester
Vian
Stooijonker
Benjamin
Stooijonker
Schalk
Stooijonker
Christiaan
Stooijonker
Hannes
Strooimeisie
Melinda
Strooimeisie
Emma

Trou Geskenk

Jou teenwoordigheid is vir ons reeds ‘n groot geskenk…maar as jy aandring…

Sal ’n kontantgeskenkie baie waardeer word om ons nuwe seisoen saam af te skop. Ons spaar vir ’n paar spesiale drome en jou bydrae sal help om dit waar te maak. Dankie dat jy deel is van ons #MaritzMakietie!

Grootmens Aand

Ons is lief vir julle Kinders, maar vir hierdie spesiale dag het ons besluit om dit net vir die grootmense te hou. Sien dit as ’n kans om die ouerskap-stewels te verruil vir dansskoene, en ’n aand lank net te kom ontspan en feesvier saam met ons!

Trek jou Vellies aan, los die speelgoed in die gang, en kom skud ’n bietjie boude sonder dat iemand "Maaa of Paaa!" roep.

Dis ’n KINDERLOSE kuier , net vir die grootes!

Verblyf

Bring Saam

Vrydag

Bring en Braai, jou eie vleis en drinkgoed asseblief. Bykosse word voorsien. Kontant kroeg sal beskikbaar wees.

Saterdag

Genoeg energie, liefde en jou dansskoene.

Sondag

Opsioneel verjaarsdag geskenk vir ons Rooibaard.

Paar reëls:

Saterdag GEEN eie drank, slegs te koop by kontant kroeg.
Hout en Ys te koop by Venue.
Geen bokke jag nie